Adres:

Bassonstraat 8

Porterville

6810

 

info@hsp.com
Tel: 022-931-2174
Fax: 022-931-3321

  • b-facebook

NUUS & PROJEKTE

REKORDS WORD GEWORTEL BY HOëRSKOOL PORTERVILLE

Rekords wat al vir meer as 40 jaar staan, is ‘n groot prestasie.  Hoërskool Porterville spog met ‘n hele paar interhuis atletiek rekords wat al gewortel is op die atletiekbaan.

 

Die volgende rekords staan nog steeds na aantal aanslagte:

 

Magdaleen van der Merwe (1974) D14 100m

Kowie Coetzee (1970) M19 400m

Surita Kempen (1970) V19 400m, 200m, 100m

 

Fanna (Francois) Cruywagen vat wel die kroon vir die oudste rekord wat steeds staande is by Hoërskool Porterville.  Cruywagen het in 1968 ‘n tyd van 1:59.50 gehardloop vir die 800m om ‘n uitstekende rekord op te stel.  Hy was ook in 1968 die S17 rekordhouer (49.3) in die 400m by die SA Kampioenskappe.

 

Laaste, maar wel nie die minste nie, Koffie (Johan) Kitshoff se M19 100m rekord van 1969 is uiteindelik vanjaar na 47 jaar se geveg  verbeter.  Hierdie opwindende atleet, Deodan Jacobs, Graad 12 leerder aan Hoërskool Porterville, verbeter Kitshoff se rekord van 11.20 tot ‘n blitsige 10.96.

Ons hou hierdie talentvolle atleet dop en hoop dat soortgelyke atlete deur ons hekkies sal stap en naam maak soos die bogenoemde legendes!

 

Fanna Cruywagen

Fanna Cruywagen (2016)

Koffie Kitshoff (2016)

Koffie Kitshoff

Deodan Jacobs