Adres:

Bassonstraat 8

Porterville

6810

 

info@hsp.com
Tel: 022-931-2174
Fax: 022-931-3321

  • b-facebook

WELKOM

WELKOM,

 

Dagsê aan alle mede oudskoliere en oud-onderwyspersoneel van Hoërskool Porterville.


Die oudskoliere van HSP is deel van die skool se trotse geskiedenis van meer as 148 jaar.  Dit is elke keer verblydend om te sien hoe oudskoliere op verskeie terreine Hoërskool Porterville se naam op die voorpunt hou.
Die entoesiasme en toewyding van die oudskoliere dien as ‘n steunpilaar vir die opvoeders en leerders van Hoërskool Porterville.
Ons wil baie graag kontak hou met al ons oudskoliere en wil gereeld ander oudskoliere op hoogte hou van al die prestasies, nuus en gebeure by die skool. Die betrokkenheid van oudskoliere by Hoërskool Porterville en hulle teenwoordigheid by die skool se aktiwiteite versterk die skooltrots onder huidige leerders en ander oudskoliere.


Dit is die strewe van die Bond om die belange van hierdie vooruitstrewende skool, wat oor meer as  ‘n eeu geslyp is tot die skool wat dit vandag is, te dien en te bevorder.  Voorts strewe die Bond om die band tussen Oudskoliere, ondersteuners en ouers van (voormalige) leerders van die skool uit te bou.

Blaai gerus deur hierdie webbladsye en reis terug deur die geskiedenis van die Hoërskool Porterville Oudskoliere met die hulp van foto’s, staaltjies en reünies.

U is welkom om bydraes te lewer of navrae te rig aan die Oudskoliere Bond Bestuur.  ‘n Volledige lys van die lede van die Bestuur (asook kontakbesonderhede) verskyn elders op hierdie webtuiste.

 

 

Cobus Louw,‚Äč

Voorsitter